‘n Weeklikse aanvulling van waarheid en wysheid.

“Leerstelling is nie ’n saak van die tong nie, maar van die lewe. Dit word nie bloot deur die verstand en geheue begryp soos ander vorme van kennis nie, maar word slegs ontvang wanneer dit die hele siel in besit neem en sy setel en woning vind in die diepste binneste van die hart.”

Johannes Calvyn (1509-1564)
Franse teoloog, prediker en hervormer

“An adventure is only an inconvenience rightly considered.
An inconvenience is only an adventure wrongly considered.”

G. K. Chesterton (1874-1936)
Engelse skrywer, filosoof en Christelike apologeet

“Bowenal is God magtig om selfs die sonde van die mens diensbaar te maak aan die uitvoering van sy raad en die verheerliking van sy Naam, of Hy die sonde straf en of Hy dit vergewe. Daarom kan die Christen in hierdie wêreld van sonde en lyding en dood sy vertroue op God stel, onder wie se heerskappy alle lyding en rampe staan. Juis omdat hy glo dat alles moet uitloop op die verheerliking van Gods Naam, kan lyding vir die Christen die weg word tot heerlikheid en die kruis omgeskep word in ‘n kroon.”

B. B. Keet (1885-1974)
Afrikaner teoloog en Bybelvertaler