Die Geknakte Riet en Dowwe Lamppit
Christelike lewe Francois Kotze Christelike lewe Francois Kotze

Die Geknakte Riet en Dowwe Lamppit

“Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel 'n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring. Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie. Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring”

Read More
Die Offers van Outonomie
Filosofie Wynand 't Hart Filosofie Wynand 't Hart

Die Offers van Outonomie

Twee koelbloedige moorde in die VSA; een in Noordelike Carolina, die ander op ‘n Universiteitskampus in Utah. Die moord op Iryna Zarutska wat op ‘n trein op pad werk toe deur ‘n mes in die nek uitgebloei het is deur almal betreur en verdoem. Die publieke sluipmoord op Charlie Kirk voor die oë van duisende is deur baie (veral aan die kant van die linkse gepeupel) hartlik verwelkom. Wat is die oorsaak van hierdie uiteenlopende reaksies?

Read More
‘n Weerwoord aan Maties se nuwe Rektor
Filosofie Wynand 't Hart Filosofie Wynand 't Hart

‘n Weerwoord aan Maties se nuwe Rektor

Teologie is nie ‘n indringer nie. Deur die eeue is dit met reg die koningin van die wetenskappe genoem – juis omdat dit vra na sin, waarde en uiteindelike doel. Filosofie drink uit hierdie bron, en eers dán kan die “harde”-wetenskappe hul objek van studie – van kwark tot kwagga – met betekenis bestudeer.

Read More
Mymeringe oor die Erekoning van Eden
Bybelse Teologie Wynand 't Hart Bybelse Teologie Wynand 't Hart

Mymeringe oor die Erekoning van Eden

Eden is waarskynlik nie wat meeste van ons dink dit is nie. ‘n Tuin in Eden beskou ‘n mens dalk as ‘n middelklas dorpstuin met beddings, bome en gras. Maar die Skrif getuig anders van Eden. Want wie het in sy verbeelding ‘n berg opgeroep as hy aan Eden daar in Genesis dink?

Read More
Christelike Oordenking
Christelike lewe Francois Kotze Christelike lewe Francois Kotze

Christelike Oordenking

As dissipels van ons Here Jesus Christus, word daar van ons verwag om te groei “in die genade en kennis van onse Here” (2 Pet. 3:18). Maar ons vordering in hierdie verhewe roeping word soms vandag belemmer weens die gebrek aan ‘n grootliks vergete geestelike oefening, sogenaamde Christelike oordenking of Christelike meditasie.

Read More
Die Gevalle Vrou
Teologie Wynand 't Hart Teologie Wynand 't Hart

Die Gevalle Vrou

“Wat weet ek nou eintlik van vrouens?”, was die vraag van ‘n ouerige tannie aan my. Ek antwoord haar toe: “Ek weet nie baie van vrouens nie; maar van die gevalle mens - wat die vrou nie uitsluit nie - kan ek darem iets sê; ek het al meer as 20 jaar ervaring…"

Read More
Die Verkeerde Vrae
Hermeneutiek Wynand 't Hart Hermeneutiek Wynand 't Hart

Die Verkeerde Vrae

Dit raak hoe langer hoe meer die geval dat wanneer ek na die Skrif toe gaan ek die voorveronderstelling hard in my hoor bulder dat ek heelwaarskynlik verkeerd is.

Read More