Jaloesie word algemeen deur ons as ‘n ondeug gereken, maar tog word daar vir ons in die Skrif gesê dat God jaloers is. Op die oog af, val hierdie beskrywing van God se karakter ons sleg op die oor en dit mag moontlik ‘n gelowige laat struikel. “As God goed is”, sal ons vra, “hoe kan Hy dan jaloers wees?”
Daarop lei God hom uit na buite met die woorde: “Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. So sal jou nageslag wees”. En Abraham het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
“Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel 'n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring. Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie. Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring”